Kremlin

Vir ander gebruike van die woord of naam Kremlin sien Kremlin (dubbelsinnigheid).

Kremlin (Russies: кремль; kreml) is die Russiese woord vir fort, vesting of kasteel en verwys na enige groot gefortifiseerde sentrale kompleks in historiese Russiese stede. Die woord word dikwels gebruik vir die bekendste een, die Moskouse Kremlin, of vir die Russiese regering (voorheen vir die Sowjet-regering).

Rusland se presidensiële administrasie is in die Moskouse Kremlin. In die Sowjet-tyd het die regering vanuit die Kremlin gewerk, maar die Russiese regering se hoofkwartier is tans in ’n ander gebou daarbuite gehuisves.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search